DynamiteAg stel met trots HARVEST PROTECT bekend – die enigste diensplan van sy soort in Suid-Afrika!
HARVEST PROTECT IN ’N NEUTEDOP
HARVEST PROTECT is ’n diensplan vir Geringhoff-tafels wat deur DynamiteAg gekoop en verskaf is.
HARVEST PROTECT is ’n vol diensplan oor vyf (5) jaar op alle nuwe Geringhoff-tafels by DynamiteAg gekoop vanaf 2024.
Verskeie diensplanopsies beskikbaar ook op tafels wat nie deur DynamiteAg gekoop/verkoop is nie óf voor 2024 gekoop/verkoop is.
SÓ WERK HARVEST PROTECT:
Jy kry ’n volledige vyf (5) jaar diensplan met die aankoop van ’n nuwe Geringhoff-tafel by DynamiteAg.
Indien jou tafel (en diensplan) binne die vyf jaar-periode van die diensplan sou verkoop, dra die diensplan saam die verkoopte tafel oor na die nuwe eienaar.
Die HARVEST PROTECT-diensplan dek die arbeid van ’n jaarlikse diens – wat die tap en die aanvul van olie, die volledige deurgaan/ nagaan van die tafel en die opsit en pas van parte, insluit. Die koste van enige parte is vir die kliënt se rekening.
Die jaarlikse diens onder die HARVEST PROTECT-plan geld slegs vir een diens per jaar. Tafels moet voor Desember/ teen jaar einde (Januarie-Desember) gediens word.
Die sleutel tot ‘n suksesvolle strooptyd
HOEKOM HARVEST PROTECT?
- Die HARVEST PROTECT-plan wil dieselfde boer oor ’n tydperk sien terugkom met dieselfde tafel.
- HARVEST PROTECT wil ’n tweedehandse mark vestig vir bestaande, sowel as nuwe DynamiteAg-kliënte.
- Met ’n diensrekord wat gewaarborg word deur DynamiteAg, wil HARVEST PROTECT ‘n diens wees wat betroubaarheid en kwaliteit verseker.
- Die HARVEST PROTECT-diensplan loop saam met die uitstekende diens van DynamiteAg en só word top-dienslewering lank na ’n waarborg verval het, verseker.
- HARVEST PROTECT streef na ’n verlengde produkleeftyd deur die koop, verkoop en herverkoop van top-gehalte tafels.
Kontak | Contact
Jurie Kemp
064 619 2730
jurie@dynamiteag.co.za
JOU GEAKKREDITEERDE VERSKAFFER VAN AL DIE TOP-NAME IN LANDBOUTEGNOLOGIE








